PRODUKTE

Tuis / Produkte

ONS

PRODUKTE

Bemesting met trots.

refreshing water sprinkler

AFRISOLVE 15 EC™

Afrisolve is ‘n hoogs geëmulsifiseerde oplosbare kalsium konsentraat.

(Kalsium 150 g/kg:  Benattingsagent 10 g/kg).  Is ‘n grondkondisioneerder en word gebruik as verbeteraar om grondstruktuur en deurlaatbaarheid te verbeter.  Hierdie produk kan toegedien word deur:  drip, mikro, spilpunt of enige ander besproeiingsisteem.

Corn field growing with drip irrigation system.

KEYSTONE CALCIUM™

Is ‘n hoogs oplosbare bron van kalsium in die vorm van kalsium karbonate. (Kalsium 396 g/kg).
Hierdie kalsium kan direk by wortelsone van plante toegedien word deur: drip sisteme of mikro of enige ander besproeiingsisteem.

cilantro (parsley)  plant germination in different stages on land

AMINOFIX™ 3000

Dit is ‘n donkerbruin water oplosbare plant hydrolisaat. Die hoë koolstofkomponent (organies koolstof 350 g/kg), met organiese sure 231 g/kg bruin/swart vloeibare produk bevat natuurlike chelate met ‘n uitsonderlike hoë katioon uitruilkapasiteit, (KUK 1700 cmol/kg). Dit dien ook as ‘n uitstekende biostimulant met stimulering vir wortelontwikkeling wat weer verhoogde voedingstofopname en plantgroei bevorder.

new beginning  spring sprouts in black soil

MOS PHITO

Word gebruik waar grondgedraagde siektes soos Phytophthora en Pythium voorkom.  Het ook ‘n goeie wortelstimulerende effek en stimuleer die plant om “phito alexin” te produseer vir natuurlike siekte weerstand.  Samestelling: Organies sure en Bacillus sp. Min CFU/ml = 1 x 10⁶.

Green tomatoes ripen on the Bush

MOS pH

Is ‘n kombinasie van organiese sure en mikrobes.  Word as grondkondisioneerder by lae pH gronde gebruik.  Samestelling:  Organiese sure en Bacillus sp.  Min CFU/ml = 1 x 10⁶.

Dollarphotoclub_88682074

MOS FERT

‘n Mengsel van Aminosure, Fulviensure en grondmikrobes wat met bemestingstowwe gemeng kan word, vir verbeterde opname en stimulering van grond bakterieë.  Samestelling:  Organiese sure en Bacillus sp.  Min CFU/ml = 3×10^⁴.

sow

BARENBRUG SEED

Loskop ICT is also a supplier of Barenbrug seed.  The Royal Barenbrug Group specializes in forage crops, turf grasses and Agronomy crops.

Oor Loskop ICT

Loskop ICT is ‘n kunsmis aanleg geleë tussen Groblersdal en Marble Hall, in die Limpopo Provinsie. Loskop ICT fokus op uniek geformuleerde produkte volgens kliënte se behoeftes met groot sukses!

Kontak Ons

Pieter Scholtz
BESTUURENDE DIREKTEUR
072 833 9838
pieter@loskopict.co.za

Kantoor
082 321 1073